Ali van Wyk Albertus Van Wyk

Hoe MAGA vir Trump vreet + Gustavo Dudamel + Ozzy Osbourne

'n Besonderse dinamika is aan die ontwikkel rondom pres. Donald Trump en die Republikeinse Party. Dit gaan oor die Epstein-lêers en ALI VAN WYK probeer agter die kap van die byl kom. Hy skryf ook oor die Venezolaanse dirigent Gustavo Dudamel, en die Prins van Duisternis, Ozzy Osbourne.
Lees meer →
Willem Kempen Willem Kempen

Kan jy bewys dat jy 'n regte mens is? + die nuwe wiele en ploeë + botte wat askies sê

Ons sal vinnig 'n goeie manier moet kry om te bewys dat ons regte mense is, skryf WILLEM KEMPEN. Vandag se Dilemma is pure moedswilligheid.
Lees meer →
Kopknoper Willem Kempen

Dilemma #16: Wat gebeur in quiz + quiz se oomblik van passie?

Raaisel vind raaisel in vandag se Dilemma, en die liefde blom. Deur WILLEM KEMPEN.
Lees meer →
Piet Croucamp Piet Croucamp

Die muterende nagmerrie van Paul Mashatile as president

Paul Mashatile van die Alex-mafia staan nou met die teenwoordigheid van 'n meesterpatronaat aan die stuur van 'n volledig gekorrumpeerde bevrydingsparty, en vir alle praktiese doeleindes het hy reeds Suid-Afrika se presidentskap oorgeneem, skryf PIET CROUCAMP.
Lees meer →
Kopknoper Willem Kempen

Dilemma #15: Gewapende suurstofdiewe in aksie?

Vandag se Dilemma het darem niks met misdaad uit te waai nie, al klink dit dalk so. Deur WILLEM KEMPEN.
Lees meer →
Kopknoper Willem Kempen

Dilemma #14: Jy soek na 'n verhewe stuk meublement

Sommige meubels word net gebruik deur mense met spesiale opleiding, waarsku WILLEM KEMPEN oor vandag se Dilemma.
Lees meer →
Anneliese Burgess Anneliese Burgess

Ons leef soos bome, Shukri Conrad, Proteas-afrigter, gesels met my + spinasie-tjips

ANNELIESE BURGESS sê ons leef soos bome wat wag op die geheime taal van die seisoene. Sy deel hoogtepunte uit 'n gesprek met die afrigter van die Proteas, asook haar gebruiklike notas oor wat sy hierdie week in haar kombuis gepleeg het.
Lees meer →
Ali van Wyk Albertus Van Wyk

Hoekom 'n mens reis + wat van Mozart se ma?

ALI VAN WYK wonder hoekom ons al die moeite doen en geld spandeer om te reis. Hy wonder ook of iemand ooit 'n goeie fliek oor die jong Mozart gaan maak.
Lees meer →
Willem Kempen Willem Kempen

'Vat seblief ons geld' + helde wat nooit bestaan het nie + Paranoid vir oulaas

Kennis, mag en geld konsentreer ál vinniger in enkele hande, vrees WILLEM KEMPEN. Vandag se Dilemma is 'n nagedagte van mislukking.
Lees meer →
Kopknoper Willem Kempen

Dilemma #13: Vandag s'n gaan jy nié in een raai regkry nie

Wees gewaarsku, vandag se Dilemma is 'n nuwe begin en die moeilikste een tot dusver. Of liewer, WILLEM KEMPEN hóóp dit is.
Lees meer →
Piet Croucamp Piet Croucamp

Ramaphosa gly met sy party in die rioolpyp af – good riddance

PIET CROUCAMP is nie oortuig daarvan dat daar vervolgings gaan wees na afloop van die ondersoek na die inligting wat Nhlanhla Mkhwanazi bekend gemaak het nie. Maar ons kan beslis 'n openbare drama in drie bedrywe oor die komende jaar of meer te wagte wees.
Lees meer →
Kopknoper Willem Kempen

Dilemma #12: Oranje koeldrank is 'n fabelagtige begin

Vandag se Dilemma is verwyderd van die werklikheid, so elkeen van ons behoort minstens een te hê. Deur WILLEM KEMPEN.
Lees meer →
Bladsy 33 van 39