ANNELIESE BURGESS vertel van "desire paths", hoe sy langs haar ma se sterfbed besef het sy is klaar met werk-as-afgod, en deel boeke en resepte en musiek vir 'n salige Sondag.
ALI VAN WYK verwelkom vandag in sy nuusbrief die veteraanjoernalis en skrywer Kerneels Breytenbach – hy skryf oor Brian Wilson en Sly Stone, twee onlangs oorlede musikante wat hy bewonder het. En Ali vertel van 'n besonderse Beatles-dokkie wat hy gekyk het.
WILLEM KEMPEN probeer drade oor 'n hofsaak van 'n eeu gelede, kunsmatige filosofie en 'n veldslag van 1460 bymekaarbring. Vandag se Dilemma is 'n vuil affêre.
PIET CROUCAMP probeer onderskei tussen Suid-Afrika se ministers, gangsters en sluipmoordenaars, en dis nie maklik nie. Hierdie week moet jy vasbyt, dis 'n lang nuusbrief, want die bloedspoor van die verhaal het nie kortpaaie nie.
ANNELIESE BURGESS skryf oor hoe belangrik dit vir haar is om gewortel te wees in familiebande en in plekke van behoort. En Binne+Land se eerste gasskrywer, Johan Nel, sê hy het nog nooit 'n goor tamatie in Spanje, Italië of die suide van Frankryk raakgeloop nie.
ALI VAN WYK verlang na Afrika anderkant die Limpopo en Kunene, en deel sy liefde vir George Gershwin se musiek én 'n klompie smaakwenke uit sy kombuis.
Die kinders drink dalk deesdae net so baie soos hulle ouers jare gelede, maar dis gevaarliker as ooit tevore, meen WILLEM KEMPEN. Vandag se Dilemma bring dinge tot 'n einde.