WILLEM KEMPEN wonder of dreigende rampe die rede is waarom besoekers van elders in die veelal ons planeet sou wou besoek. Vandag se Dilemma staan darem met die voete stewig op die grond.
PIET CROUCAMP praat met 'n student. Hy beweer daar was goeie redes vir Xi Jinping se afwesigheid by die G20-beraad, en dit het niks met die Trump-boikot te doen gehad nie. Hy vermoed die Chinese leier kon nie bekostig om Asië in die hande van Japan se nuwe regse eerste minister te los nie.
Oudregter JOHANN KRIEGLER skryf oor Pieter du Toit se nuwe Paul Mashatile-boek, en DAN BADENHORST deel 'n paar gedagtes oor die ope brief van 'n groep Afrikaners wat standpunt inneem teen die MAGA-narratief dat 'n Afrikaner-volksmoord in Suid-Afrika plaasvind.
ANNELIESE BURGESS vertel van haar week by "Mrs Cowley" se gesondheidskliniek en 'n onverwagte emosionele ervaring met tradisionele Chinese terapie wat haar weer laat besef het hoe belangrik dit is om nuuskierig te bly.
Eggo's uit 'n kombuis, Nataniël se briljante stories, Marita se swerfjaar saam met haar Fransman, die komplekse band tussen moeder en dogter, en 'n digbundel met 'klankbane' – dis alles vandag deel van ons leesfees!
‘As julle wil hê ek moet bedank, sal ek dit nóú doen,’ het Cyril Ramaphosa by die ANC se pas afgelope NUK-vergadering gesê. Sy troefkaart is meningsopnames wat wys dat die ANC sonder hom in ‘n verknorsing in aanstaande jaar se plaaslike verkiesings kan wees, skryf PIET CROUCAMP.
ANNELIESE BURGESS dink as haar dogter eendag so oud soos sy is, gaan boeke nie meer bestaan nie. En sy borduur verder aan die gesprek oor God en geloof met insigte van die Ierse digter en filosoof John O'Donohue.