PIET CROUCAMP bepeins en 'voorspel' die uitslag van Cyril Ramaphosa se dringende aansoek by die hooggeregshof vir die tersydestelling van voormalige hoofregter Sandile Ngcobo se Artikel 89-paneelverslag. Hy hoop lesers sal hom vir sy uiteindelike – en waarskynlike – mistastings verantwoordelik hou.
Die dinge wat deesdae vir haar vreugde bring, is anders as selfs 10 jaar gelede, skryf ANNELIESE BURGESS. Dit het miskien minder te doen met ouer word en meer met in jou vel ingroei na 'n meer gestroopte weergawe van jouself.
In LAUREEN ROSSOUW se inboks: GERRIT OLIVIER skryf oor die unieke rol wat die natuur nog altyd in skryfwerk gespeel het. En NICOLE STRAUSS kyk na die 18de roman en literêre riller van een van Brittanje se gewildste en beste skrywers.
Kry jy soms die lus om platteland toe te trek? ALI VAN WYK wonder gereeld hieroor, maar 'n besluit bly hom ontwyk. Hy bekyk ook die marskoning John Philip Sousa, wat verrassend komplekse musiek geskryf het.
Daar is ‘n Suid-Afrika voor 16 Junie en een ná 16 Junie, skryf MAX DU PREEZ. Die ervaring wat hy as natneus-verslaggewer van Beeld 50 jaar gelede ervaar het, toe die polisie op protesterende skoliere in Soweto losgebrand het, was 'n ontsaglike skok vir sy menswees.
PIET CROUCAMP is op 'n werksreis in Namibië en wissel sy tyd af tussen skryf, lees en vreet. Hy ry met 'n vriend se Defender Tdi, mis sy eie Td5 en vertroetel sy TDS.
ANNELIESE BURGESS vertel van 'n besluit om die pap op die vloer te laat val toe 'n familiekrisis haar aandag geverg het. Vandag se brief is ’n gesprek tussen haar en haar jonger broer wat vertel van sy Parkinsonsiekte-diagnose, en die dokter in Pretoria wat hulle geloof in die mensdom herstel het.
In LAUREEN ROSSOUW se inboks: Jazz en films. KERNEELS BREYTENBACH bekyk die kwinte van Sonny Rollins en Miles Davis, die twee jazzgreats. En JOAN HAMBIDGE gesels verder oor haar passie vir twee Italiaanse meesterfilmmakers en hul werk.
Korrupsiestories vlieg oor ons kop omdat dit vervelig en kompleks aangebied word. Ons het beter skrywers nodig! sê ALI VAN WYK. Hy luister ook na Samuel Barber se ongelooflike Adagio vir Strykers, en deel sy seun se elektroniese musieksmaak.
WILLEM KEMPEN was te lui om self te dink oor wat kunsmatige intelligensie vir ons toekoms inhou, en vra toe maar meganiese hulp. Vandag se Dilemma is een groot onsekerheid.