ANNELIESE BURGESS sê dankie, lees oor Einstein, God en vuurvliegies, en probeer verstaan hoekom die Amerikaanse politieke kommentators Rachel Maddows en Megyn Kelly haar so de hel in maak.
ALI VAN WYK sê hy is nou amptelik in die laaste fase van sy middeljare. Dan bepeins hy die Afrikaanse kultuur se ingebore onderdanigheid en deel aanbevelings oor wat om op TV te kyk, asook insigte in die wêreld van die Duitse komponis Felix Mendelssohn.
WILLEM KEMPEN wonder oor die stryd tussen woorde en syfers, en of Amerikaanse kinders nog kan spel. Wees ook gewaarsku: Vandag se Dilemma neig na chaos.
PIET CROUCAMP bepeins Johannesburg se vreemde sosiale orde, leer sy studente oor die 'etiese' gebruik van kunsmatige intelligensie en wandel op die weë van ontwrigting.
ANNELIESE BURGESS kyk na die sardynmigrasie in die see voor haar huis, vertel van kinderboeke, verbeelding en hoe Ernest Hemingway haar skryfstyl beïnvloed het. Sy deel ook drie resepte uit haar kombuis wat jy weer en weer kan maak.
Is ons almal swak landsburgers dat ons nie eens meer wil weet van die sistemiese twak nie, wonder ALI VAN WYK. Hy bekyk ook die twak in Amerika, en raak liries oor die “digter van tenore” en ander goeie goeters.
WILLEM KEMPEN probeer die tandeborsel-kloutjie by die knoffel-oor kry en laat jou luister na die oorspronklike RFK. Daar is ook weer 'n Dilemma om op te los.
PIET CROUCAMP mymer oor die gebeure tydens Cyril Ramaphosa se onlangse besoek aan die Withuis, en wonder oor die stelling: Die Afrikaners is terug. Kan dit waar wees? vra hy. Daar is dan nie 'n Christiaan de Wet onder hulle nie.
ANNELIESE BURGESS deel 'n manifes vir 'n meer doelbewuste lewe en vertel van 'n podsending met 'n sielkundige wat al die reëls oortree en wie se insigte in depressie in mans en die impak daarvan op verhoudings vir háár radikale nuwe insigte gebring het.
Pres. Cyril Ramaphosa se vergadering met pres. Donald Trump in die Withuis was 'n unieke soort sirkus. ALI VAN WYK reken Ramaphosa het nie te sleg gevaar nie. Hy kyk ook na die 20ste eeu se grootste pianis, Sviatoslav Richter, en deel 'n eersteklas-wildspotresep.
WILLEM KEMPEN probeer die mense op Trump se Boeing, Die Lyn in die Woestyn, en 'n paar ander dinge bymekaarbring. Hy het ook 'n bietjie vordering met Dilemma gemaak.
PIET CROUCAMP skryf oor 'n ou waarheid in 'n Boksburg-kroeg: Moenie jouself probeer verduidelik nie. As hy Ramaphosa se raadgewer was, sou hy die Suid-Afrikaanse president aangeraai het om seker te maak Trump dink aan Mzansi as van strategiese belang.