Nes 'strong men don’t cry', is die hele konsep van 'n 'midlife crisis' ook 'n cliché én 'n waarheid. ANNELIESE BURGESS meen twee waarhede kan wel langs mekaar staan, en deel 'n lys dinge waarvan sy minder en meer in 2026 wil hê.
PIET CROUCAMP breek 'n lansie vir Donald Trump. Hy reken die Amerikaanse president ervaar dalk sy besluite as vrye keuses, maar sy brein bereken noodwendige reaksies volgens algoritmiese reëls en eksterne stimuli. Dis 'n illusie dat hy sy besluite vrylik neem.
Twakpratery het die afgelope twee dekades soos 'n sprinkaanplaag oor die aardbol versprei, sê GERRIT OLIVIER. Watter beter voorbeeld is daar van ’n bullshitter as die oranje man in die Withuis?
ANNELIESE BURGESS vertel van die kreatiewe skatkis wat sy ontdek in die liminale ruimte van half wakker wees. Sy deel ook ‘n dik lys leesaanbevelings én 'n prettige lys 'unfortunate' dinge ...
ALI VAN WYK sê koebaai vir ’n jaar wat behoorlik op sy rug lê. Hy mymer hardop oor politiek, rugby en werk, skryf met oorgawe oor Suid-Afrikaanse landskappe en eindig met ’n handvol heeltemal onbelangrike maar uiters noodsaaklike vrae.
Tussen Temu en 'n apostoliese leërskare kletsbotte word WILLEM KEMPEN tydelik verlos van sy renons in pastorale begeleiding. (Daar is ook, soos wat die nag op die dag volg, 'n Dilemma om op te los.)
PIET CROUCAMP se bullshit-antennas het 'n intuïtiewe rooi lig oor die argument dat die ANC danksy die swart middelklas tot stand gekom het. Hy ontleed data oor uitsprake dat die ANC steun van hierdie middelklas verloor het.
ANNELIESE BURGESS skryf oor 'n oomblik van onverwagte erkenning: Sy is gelukkiger op 57 as op 37 – op 'n ander manier, natuurlik. Dít en 'n mymering oor 'n man met 'n handsak op sy kop, 'n bysteek van die voorouers en 'n boord vol konfyt.