Die sielkundige argitektuur van die oudste dogter word geskep deur verwagting en nalatenskap van emosionele arbeid wat soos 'n erfstuk aangegee word, skryf ANNELIESE BURGESS. Daar is ook 'n heerlike rissie-aftreksel, 'n fynbosfees en skakels na dinge waaroor jy hierdie week wil lees.
JOHAN NEL deel 'n klompie gedagtes oor kosplesiere, dinge waarna hy uitsien, skougehaltewyn en hoe om mistroostigheid te verdryf. Hy bring ook hulde aan 'n goeie vriend, die legendariese Jan Boland Coetzee wat verlede week oorlede is.
ALI VAN WYK meen regses het die leuen suksesvol versprei dat die wêreld se linksgesindes 'n onverdraagsame klomp opstokers is. Hy deel ook 'n verrassende resep vir 'n appelliefie-rabarber-aarbeitert en stel ons voor aan die vreemde komponis Erik Satie.
In die lig van soortgelyke verhale kan 'n mens tot die slotsom kom dat die Jesus-verhaal nie oorspronklik en uniek was nie, skryf JOHAN RETIEF. Daar is ook weer 'n Dilemma om op te los.
ANNELIESE BURGESS skryf oor die geskenk van teenwoordigheid, lesse in die kuns van Marina Abramović, 'n huilboom, Helen Mirren op 80, die beste pan, 'n mosterdbad en ander geskenke aan jouself.
LAUREEN ROSSOUW vertel van die magnetiese oomblik wat sy in 2005 by die Stockholm-biblioteek in Swede beleef het. En op eie bodem sê KERNEELS BREYTENBACH wat braaibroodjies betref, lê die bewys in die proe.
ALI VAN WYK reken Charlie Kirk het nie verdien om te sterf nie, maar dit beteken nie hy was nie deel van die probleem nie. Hy deel vyf lekker dinge waarna hy uitsien en bespreek Robert Schumann se monumentale klavierkonsert.
Die wêreld het te veel finansiële eiers in 'n enkele mandjie, vrees WILLEM KEMPEN. Daar is ook weer 'n Dilemma om op te los, én 'n raaisel vir die dag.
Die ANC is 'n oorversadigde kriminele karkas wat 'n kompleksiteit van predatore voed, skryf PIET CROUCAMP. Cyril Ramaphosa se naïewe begrip van ons leefwêreld word in 'n onlangse brief oor korrupsie in SA weerspieël. Weet die president wat die ANC aan hierdie land doen?