Kopknoper Willem Kempen

Dilemma #35: Hoe langer dit was, hoe vuriger was die liefde

Vandag se Dilemma herinner aan 'n tyd toe die liefde nie maklik in die duisternis tot wasdom kon kom nie. Deur WILLEM KEMPEN.
Lees meer →
Gasposte Kerneels Breytenbach

Kerneels Breytenbach | Babita Deokaran en die vrot siel van SA + Dilemma #34

KERNEELS BREYTENBACH sê Jeff Wicks se The Shadow State is die belangrikste Suid-Afrikaanse publikasie sedert Jacques Pauw se The President’s Keepers (2017) en Our Poisoned Land (2022).
Lees meer →
Anneliese Burgess Anneliese Burgess

Teerheid + die alchemie van aanraking + die beste stoel is 'n bed en 13 ander vonke vreugde

ANNELIESE BURGESS vertel van 'n moeilike hoofstuk in haar boek wat vorm aanneem, en 13 ander goed wat hierdie week aan haar vreugde verskaf het – van perfekte pienk mure in 'n restaurant tot 'n mosgroen kruik van Mervyn Gers.
Lees meer →
Gasposte Johan Nel

Johan Nel | Ode aan die ansjovis: 'n kospos met kinkels

Sommige mense is neusoptrekkerig oor ansjovis, maar as jy nog nie agtergekom het 'n enkele vissie of twee kan 'n klomp nuwe geure met ongelooflike diepte ontlok nie, het jy nog nie eintlik geleef nie, skryf JOHAN NEL.
Lees meer →
Ali van Wyk Albertus Van Wyk

Trump 'n fascis? Nee wat + Mooi TV-kyk-lysie + Beethoven se laaste koorsdrome

ALI VAN WYK wonder of Donald Trump regtig 'n fascis is. Hy twyfel. Hy deel ook sy keuse van lekker TV-kykstof (met puntetoekennings en al) en skryf oor Beethoven se ontwykende laaste strykkwartette.
Lees meer →
Willem Kempen Willem Kempen

'n Toekoms vol Afrika + 'n hand vol grondboontjies + 'n eksplosiewe Dilemma

WILLEM KEMPEN vind verteerbare happies van oral op die planeet, en daar is weer 'n Dilemma om op te los.
Lees meer →
Piet Croucamp Piet Croucamp

Paddy + Fikile en die stemmasjiene

PIET CROUCAMP vertel 'n Ierse storie oor duur stemmasjiene wat klink of dit in Suid-Afrika uitgedink is. En volg dit op met 'n selfs beter plaaslike storie. Sy gevolgtrekking: Ons en die Iere het beslis iets met mekaar gemeen.
Lees meer →
Kopknoper Willem Kempen

Dilemma #33: Byt versigtig dat jy nie hare op jou (koue) tande kry nie

As vandag se Dilemma eers vrugte afgewerp het, kan jy selfs melk, room en ys te wagte wees. Deur WILLEM KEMPEN.
Lees meer →
Kopknoper Willem Kempen

Dilemma #32: Dit lyk of die ontroues sukkel om bo te bly

Met minder van vandag se Dilemma sou die kerke dalk voller gewees het. Deur WILLEM KEMPEN.
Lees meer →
Ali van Wyk Albertus Van Wyk

Opera vs. rugby + Rachmaninoff

ALI VAN WYK wonder hoekom mense dink jy kan net van óf sport óf klassieke musiek hou. Hy vertel van sy eie reis tussen Loftus en die simfoniesaal, deel mymeringe oor die 'sesvoet-frons' Sergei Rachmaninoff en dink na oor wat rugby en klassieke musiek regtig met mekaar gemeen het.
Lees meer →
Willem Kempen Willem Kempen

(Kulkuns + data) = dollars, + 'n Gaspos oor lastige feite + 'n nuwe Dilemma

WILLEM KEMPEN vermoed dit raak ál moeiliker vir ons om deur iets geskok te word. IKE BOSS vertel in sy Gaspos van fluisteringe oor wie daai twyfelagtige syfers oor politieke partye se steun laat uitlek het. Onderaan is daar ook weer 'n Dilemma.
Lees meer →
Bladsy 24 van 34