ELSABE PEPLER sê daar is drie mans wat haar aanstaan. Twee van hulle is by die Madlanga-kommissie. Die derde slaan 'n bal teen die spoed van lig oor 'n tennisbaan.
Soos baie ander kommentators blameer PIET CROUCAMP pres. Cyril Ramaphosa vir die onvoldoende vervolgings ná die Zondo-ondersoek na staatskaping en korrupsie. Ramaphosa het volle diskresie gehad oor die implementering van Zondo se aanbevelings. Madlanga se mandaat definieer ‘diskresie’ egter anders.
ANNELIESE BURGESS kyk na die maan wat deur agt ruite val, gesels met die hoof van Suid-Afrika se Grensbestuursowerheid en wonder hoekom sy nie meer die televisie aanskakel vir nuus nie.
JOHAN NEL deel sy gunsteling-kerrieresepte; hy vertel van die kerriediaspora en waar om die beste speserye in die hande te kry. Dan gee hy ook weer 'n paar belangrike gesondheidswenke.
ALI VAN WYK stem nie saam dat die groottaalmodelle van KI intellektuele diefstal pleeg nie, maar hy wantrou die stelsels daaragter net soveel soos Naomi Klein. Hy verduidelik ook hoe die Poolse komponis Frédéric Chopin hoë kuns uit nederige oefeninge kon skep.
Dis bisar dat die DA kla oor hoe Tony Leon druk op die party sit, meen IKE BOSS, wat vandag vir Willem Kempen instaan. Daar is wel 'n Dilemma soos gewoonlik op 'n Donderdag.
Die bekroonde joernalis EVERSON LUHANGA verduidelik hoe migrante in die weefsel van ons daaglikse ekonomiese lewe verweef is. RUDA LANDMAN gesels met oudregter Johann Kriegler, eerste voorsitter van Suid-Afrika se Onafhanklike Verkiesingskommissie.
Dit pla PIET CROUCAMP dat politieke partye wat 'n wrewel het teen Suid-Afrika se liberaal-demokratiese Grondwet – die EFF, MKP en die VF+ – saam meer steun onder gewone Suid-Afrikaners geniet as die grootste liberale politieke party, die DA.
ANNELIESE BURGESS vertel van die voëls wat in haar kop kom nesmaak het in die tyd van Groot Moeilikheid. Sy is ook gewalg deur blouligbrigades, word getref deur die medeliewendheid van 'n gewone Suid-Afrikaner en deel foto's van 'n skuur vol stories.