ANNELIESE BURGESS vertel van die kreatiewe skatkis wat sy ontdek in die liminale ruimte van half wakker wees. Sy deel ook ‘n dik lys leesaanbevelings én 'n prettige lys 'unfortunate' dinge ...
ALI VAN WYK sê koebaai vir ’n jaar wat behoorlik op sy rug lê. Hy mymer hardop oor politiek, rugby en werk, skryf met oorgawe oor Suid-Afrikaanse landskappe en eindig met ’n handvol heeltemal onbelangrike maar uiters noodsaaklike vrae.
Tussen Temu en 'n apostoliese leërskare kletsbotte word WILLEM KEMPEN tydelik verlos van sy renons in pastorale begeleiding. (Daar is ook, soos wat die nag op die dag volg, 'n Dilemma om op te los.)
PIET CROUCAMP se bullshit-antennas het 'n intuïtiewe rooi lig oor die argument dat die ANC danksy die swart middelklas tot stand gekom het. Hy ontleed data oor uitsprake dat die ANC steun van hierdie middelklas verloor het.
ANNELIESE BURGESS skryf oor 'n oomblik van onverwagte erkenning: Sy is gelukkiger op 57 as op 37 – op 'n ander manier, natuurlik. Dít en 'n mymering oor 'n man met 'n handsak op sy kop, 'n bysteek van die voorouers en 'n boord vol konfyt.
ANNELIESE BURGESS kuier op die plaas en kook eenvoudige trooskos met die platteland se eenvoudige bestanddele. En JOHAN NEL laat waai met sy voorstelle vir 'n Kersete, tafelreëls, maklike disse en vonkelwyn!
ALI VAN WYK wonder hoekom ons nie almal die heeltyd wildsvleis eet nie. Hy plaas 'n skakel na 'n vermaaklike maar ook sensitiewe video oor seks en gestremde jong mense. En hy stap deur die museum saam met Mussorgsky se 'Prente by 'n uitstalling'. Revolusionêr!
Ons behoort moeite te doen om selfs die bisarste onderstrominge van ons bestaan so goed as moontlik te verstaan, meen WILLEM KEMPEN. Daar is ook 'n kort Gaspos deur IKE BOSS, en soos gewoonlik 'n Dilemma om op te los.
PIET CROUCAMP skryf oor hoe Ramaphosa en Mbalula die ANC probeer oortuig dat diegene wat die verkeerde jokkies op brandsiek perde is, nou voorberei moet word om in aanstaande jaar se plaaslikeregering-July te hardloop.