ANNELIESE BURGESS vertel van 'n gesprek met Imtiaz Sooliman van Gift of the Givers oor geloof en die siel van Suid-Afrika, en deel 'n paar gedagtes oor teerheid, asook 'n lawwe lys wat sy en Laureen Rossouw oor aantreklikhede in mans gemaak het.
ALI VAN WYK kyk na die ses groot nuusstories van die week, maak 'n draai by Nampo, kyk na die briljantheid van Beethoven en onthou Voëlvry se Gary Herselman.
WILLEM KEMPEN wonder oor die Eerste Groot Vlug, deel 'n video van iemand wat pluimveegeluide maak, en tob oor die implikasies van romantiese jazz in 'n NG kerk. Laat weet ook wat jy dink van die woordraai wat hy gepleeg het!
Van ons landgenote is nou vlugtelinge in Amerika. En Donald Trump het laat blyk dat hy 'n besoek van Cyril Ramaphosa of minstens 'n hoëvlak-afvaardiging uit Suid-Afrika verwag, skryf PIET CROUCAMP. Intussen dryf die ANC tans op autopilot na links.
ALI VAN WYK se gedagtes loop weer vandag wyd – van Ouvrou Anna-voertuigvering tot lekker kykstof op TV, Rassie se nuwe podsending, die wêreld van Chopin én 'n wonderlike storiekompetisie.
Dis ewe waar van kunsmatige intelligensie, kwantum-meganika, dineekaartjies wat $75 000 elk kos en selfs van staatshoofde: Jy kry waarvoor jy betaal, skryf WILLEM KEMPEN in sy eerste brief in Binne+Land.
PIET CROUCAMP deel sy gedagtes oor swart ekonomiese bemagtiging teen die agtergrond van Daybreak Foods – toe 'n knuppel in die hoenderhok gegooi is. En sluit dan met 'n heel gepaste liedjie af: KOBUS! se 'Hoenderman'.
ANNELIESE BURGESS sê sy besef sy's eintlik 'n ekspert in small talk. Sy besoek ook die Pniël-asterskou, swymel oor skoenlappermigrasies en deel die filosoof Bertrand Russel se 10 gebooie vir 'n goeie lewe.
Wat gaan die Kanadese doen as die beer met die seer tand oor die grens strompel? wonder ALI VAN WYK. Hy gee ook 'n lekker lysie TV-programme, blogs en ander vermaaklikhede om jou besig te hou, en beveel 'n wonderlike tjellokonsert aan waarna jy kan luister.
PIET CROUCAMP sê hy het 'n morbiede fiksasie met die pous se afsterwe en begrafnis, maar sy eie ervaring van en bemoeienis met die Woord van God het maar sy ups en downs.
ANNELIESE BURGESS dink diep oor afsondering, begeerte en die essensie van liefde. En gee ook aanbevelings oor wat om hierdie Sondag te kook, lees en luister.