Oudregter JOHANN KRIEGLER skryf oor Pieter du Toit se nuwe Paul Mashatile-boek, en DAN BADENHORST deel 'n paar gedagtes oor die ope brief van 'n groep Afrikaners wat standpunt inneem teen die MAGA-narratief dat 'n Afrikaner-volksmoord in Suid-Afrika plaasvind.
ANNELIESE BURGESS vertel van haar week by "Mrs Cowley" se gesondheidskliniek en 'n onverwagte emosionele ervaring met tradisionele Chinese terapie wat haar weer laat besef het hoe belangrik dit is om nuuskierig te bly.
Eggo's uit 'n kombuis, Nataniël se briljante stories, Marita se swerfjaar saam met haar Fransman, die komplekse band tussen moeder en dogter, en 'n digbundel met 'klankbane' – dis alles vandag deel van ons leesfees!
‘As julle wil hê ek moet bedank, sal ek dit nóú doen,’ het Cyril Ramaphosa by die ANC se pas afgelope NUK-vergadering gesê. Sy troefkaart is meningsopnames wat wys dat die ANC sonder hom in ‘n verknorsing in aanstaande jaar se plaaslike verkiesings kan wees, skryf PIET CROUCAMP.
ANNELIESE BURGESS dink as haar dogter eendag so oud soos sy is, gaan boeke nie meer bestaan nie. En sy borduur verder aan die gesprek oor God en geloof met insigte van die Ierse digter en filosoof John O'Donohue.
Wanneer jy al van einde Oktober af Kersversierings in die winkels sien glinster, wéét jy mos, sê JOHAN NEL. Dit raak binnekort tyd om tafel te dek vir die Desember-kuiergaste. En MCC te skink – hoe anders? Dan vertel ANNELIESE BURGESS interessante groente is haar nuwe obsessie.
ALI VAN WYK dink terug aan die dae van Truk, Naruk, Sukovs en Kruik, en meen tog dinge is vandag beter. Hy probeer ook om Dmitri Shostakovich se lewe op te som in 'n rubriek - 'n wanhopige voorneme.